A tribute to Proudly Woman
An Afrikaans Poem dedicated to the Proverbs 8 Woman by a Proverbs 8 Woman.
Haar gees is sag
Maar haar wil is sterk
Haar hande is fyn
Maar kan hard werk
Sy sing terwyl sy stap
Haar heupe hou die ritme
Sy is die draer van lewe
Dit gloei deur haar binneste
Haar arms bied genesing
Haar borste n liefkosing
Haar oë spreek aanvaarding
Haar hart is n veilige woning
Sy lê snags wakker
Terwyl sy bid vir jou
Met deernis en karakter
Vir die toekoms én die nou
Sy het wysheid soos korale
Sy beveg dit wat sleg is
Haar geloof verskuif berge
Sy is (‘n Spreuke 8) vrou
:Vlaktekind
Desember2023
What a beautiful poem
Big Shout out to Ilana x
Vrou in Sy hand
Pragtig en emosie so mooi vasgevang. Xx
Regtig n besonderse raak beskrywing. Dankie Selina
Hoendervleis waai oor my lyf soos wind oor n grasvlakte. Ek vind diepe aanklank met hierdie gedig. Dit het my laat sit en dink, en ek bevind
As daar nou een ding is waaroor ek nou kan dankie sê is
Dat ek so bevoorreg is om meer as 1 “Trotse vrou” in my lewe te kan en kon hê. Hulle dra en deel daardie onbaatsugtige liefde. Sonder om iets terug te verwag.
Hulle gee meer van hul olie en koekmeel as wat hul eintlik in stoor het.
Hulle bid vir jou, al het hul self nie woorde.
Dankie Vlaktekind. Hierdie het my weer laat besef hoeveel ons vir hierdie vroue moet lief en dankbaar wees. Dankie ook vir die trotse steunpilaar vrou wat jy vir baie van ons is. 🤍