Trots Vrou

A tribute to Proudly Woman

An Afrikaans Poem dedicated to the Proverbs 8 Woman by a Proverbs 8 Woman.

Haar gees is sag
Maar haar wil is sterk
Haar hande is fyn
Maar kan hard werk

Sy sing terwyl sy stap
Haar heupe hou die ritme
Sy is die draer van lewe
Dit gloei deur haar binneste

Haar arms bied genesing
Haar borste n liefkosing
Haar oë spreek aanvaarding
Haar hart is n veilige woning

Sy lê snags wakker
Terwyl sy bid vir jou
Met deernis en karakter
Vir die toekoms én die nou

Sy het wysheid soos korale
Sy beveg dit wat sleg is
Haar geloof verskuif berge
Sy is (‘n Spreuke 8) vrou

:Vlaktekind
Desember2023

Recent Comments

6 thoughts on “Trots Vrou”

  1. Hoendervleis waai oor my lyf soos wind oor n grasvlakte. Ek vind diepe aanklank met hierdie gedig. Dit het my laat sit en dink, en ek bevind
    As daar nou een ding is waaroor ek nou kan dankie sê is
    Dat ek so bevoorreg is om meer as 1 “Trotse vrou” in my lewe te kan en kon hê. Hulle dra en deel daardie onbaatsugtige liefde. Sonder om iets terug te verwag.
    Hulle gee meer van hul olie en koekmeel as wat hul eintlik in stoor het.
    Hulle bid vir jou, al het hul self nie woorde.

    Dankie Vlaktekind. Hierdie het my weer laat besef hoeveel ons vir hierdie vroue moet lief en dankbaar wees. Dankie ook vir die trotse steunpilaar vrou wat jy vir baie van ons is. 🤍

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *